Join the Top 10 Club

AFRIKAANS

 

Goeidag en baie welkom in Wanganui!

Ons het in September 2002 die eienaars van die vakansie-oord geword nadat ons 12 jaar in Windhoek gebly het en is gebore Kapenaars.  Ons is baie trots op ons oord en ploeg hart en siel daarin.

Ja, hier word dus sommer baie Afrikaans gepraat en tjoppies op die vuur gegooi wanneer ons lekker hout het (nie op 'n gasplaat nie!)  Boerwors is ook geen probleem in Nieu Seeland - hier is 'n baie groot verskeidenheid van goeie boereworsmakers dwarsoor die land!  Koeksisters, melktert, biltong en drowors is ook te koop vir spesiale geleenthede!

Dit is altyd vir ons lekker om Afrikaanse besoekers in die oord te h - ons goeie vriende wat gereeld kom kampeer en ook wildvreemdes wat toevallig hier aankom.  Baie is reeds vir jare gevestig in NZ, ander is op hulle LSD-besoek (look, see & decide).  Ons hou gewoonlik oor Labour Weekend (laaste naweek in Oktober) en Paasnaweek 'n lekker Afrikaanse naweek in die oord.  En natuurlik is enige groot rugbywedstryd ook 'n goeie rede vir lekker saamkuier!

Ons is gelukkig genoeg om nie altyd voltyds self aan diens te wees nie.  Ons woon langs die park en maak gebruik van studente (hoofsaaklik Duits) in ons kantoor.  (Stuur dus maar e-mails in Engels asb sodat ons personeel dit kan verstaan!) 

Wanganui se weer is regtig lekker, die mees gematigde plek in NZ.  Dit reen glad nie so baie soos mense glo nie!!  Die temperatuur wissel tussen 0 grade (dit bly altyd positief!) en die warmste dae is rondom 26 of 27 grade. Februarie en Maart is gewoonlik die beste tyd vir vakansie hou.

Baie groete, ons hoop ons kry die geleentheid om mekaar te ontmoet!

Andr & Martie, Lindii (14) & Alwyn (13)

Ons 2 jongste kinders, Tom en Witvoet, wat graag by ons gaste kuier!